Aangebied deur Queillerie en Human & Rousseau
In C.S. Lewis se fantasieverhaal The Lion, the Witch and the Wardrobe betree die karakters ’n verbeeldingswêreld deur ’n poort in ’n hangkas. In hierdie gesprek oor Haas en Harriët (Susan Coetzer), Heks (Dibi Breytenbach) en Bessie se hangkasbiblioteek (Madelein Rust) vind ons uit hoe die skrywers dink oor ontvlugting, die terapeutiese waarde van lees en skryf, en die poorte waardeur hulle self aan die wêreld ontsnap.
Ilse Salzwedel stuur die gesprek in ’n rigting.