Riku Lätti se poësie-debuut, Taboek, is al beskryf as “ ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is” en “aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid”. In sy gedigte ondersoek hy die moderne mens se soeke na betekenis en ons opvattings oor die teologie. Riku gesels met Simon Witbooi oor sy skryfwerk en lewensuitkyk – en die taboes wat in Taboek aangeraak word. Hy lees ook uit die bundel voor.