Die heks: Heavy metal

Meertalig
70 Minute

7 Oktober

16:00

8 Oktober

17:00
R190 | R220 by die deur

Afrikaans is donker… Gotiese Afrikaans word uitgebeeld teen ’n agtergrond van Afrika-kosmologie en Suid-Afrikana. Die temalied “Die Heks van Hexriviervallei” deur Marcia word aangevul deur oorspronklike liedjies én die van ander, maar ook gedigte en prosa, waaronder “Die donkerman” van Ingrid Jonker, Raka deur N.P. Van Wyk Louw en “Ballade van die tyd” deur Ignatius Mocke. Afrikatromme, beelde van berge, diepstemstorievertellers en die raaisels van dimensies, spoke en ondiere word met musiek opgetower. 

Met: Marcia Moon (stem, kitaar), Leigh Dawson (tromme) 

Skrywer Marcia Scholtz 

Tegniese versorging, beligtingsontwerp Cecilia Scholtz

Musiek Marcia Moon, Chris J. Mocke