In hierdie prettige gesinsvertoning kry Hans Christian Andersen se geliefde sprokie ’n eg Suid-Afrikaanse geur. Die ydel keiser is obsessief oor sy luukse en selfsugtige leefstyl, maar gee min om vir sy onderdane. In sy strewe om die nuutste mode-ikoon te wees roep hy die hulp in van die TikTok-sensasie Jana, maar Jana en haar oupa voer ’n ander plan in die mou. Kom kuier saam om te sien of sy hom kan toor om al sy goud weg te gee!