Die kunsversameling van Huberte Rupert: ’n Bloudruk vir private versamelaars

Visuele Kuns
Meertalig
60 Minute

2 Oktober

11:00
R50 | R80 by die deur

Die Rupert-kunsversameling – die grootste in Suid-Afrika en internasionaal toonaangewend – is op die been gebring met die doel om kunstenaars te onder­steun. Dit het die grondslag geword waarop dr. Anton en veral sy vrou, Huberte, oor ’n tydperk van meer as ses dekades kuns aangekoop het. Hulle het onwrikbaar geglo in die helende en verrykende eienskappe van kuns en wou die vreugde wat dit aan hulle verskaf, met ander deel. Hierdie oortuiging, saam met hulle sonderlinge versameling, is hulle nalatenskap. In hierdie verteenwoordigende versameling van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse kuns kom elke kunstenaar tot sy reg – van Irma Stern tot William Kentridge. Onder leiding van Amanda Botha, skrywer van The Art Collection of Huberte Rupert: South African Art of the 20th Century.