Jannie du Toit sing die onopgesmukte liedjies van die legendariese Marie Tredoux, wat op 94 jaar steeds bekend is vir kleinkuns-juwele soos “Jacobsbaai se aandlied” en “Mis oor Jacobsbaai”, wat deur Laurika Rauch opgeneem is. Haar liedjies gaan oor wat die hart raak, die prentjiemooi Jacobsbaai en die Weskus.