Afrikaans
Geen o.16 (T)
85 Minute

12 Oktober

15:30

13 Oktober

14:00

14 Oktober

20:00

15 Oktober

13:00
15:30
R180-R260 | R210-R290 by die deur

Die moeder is terug op aanvraag van die publiek. Moederskap is ’n voltydse werk, maar nou is dit verby. Anna se kinders is groot en het lewens van hul eie. Van ure alleen deurbring, begin die wêreld om haar kantel. Het haar man regtig ’n verhouding? Het haar gunstelingseun werklik huis toe gekom? Of het die eensaamheid haar tot waansin gedryf? Die moeder is vanjaar met drie kykNET Fiëstas bekroon: beste feesproduksie, beste regie (Christiaan Olwagen) en beste spel in ’n hoofrol (Sandra Prinsloo). Dié produksie het ook vyf Woordtrofee-toekennings verower.

Met: Sandra Prinsloo, Dawid Minnaar, Ludwig Binge, Ashley de Lange, Charl Fölscher 

’n Toyota US Woordfees-produksie 

Oorspronklik ondersteun deur NATi 

Regisseur en vertaler Christiaan Olwagen 

Skrywer Florian Zeller 

Stel- en kostuumontwerp Birrie le Roux 

Beligtingsontwerp Wolf Britz 

Klankbaan Loki Rothman 

Verhoogbestuur Elana-Marie Snyman