Aangebied deur Tafelberg
Die tradisionele plaasroman kry ’n vars gedaante in P.J.O. Jonker se debuut, wat die storie vertel van ’n andersdenkende jong boer wat ’n familieplaas neffens die Swartberg erf en dan besluit om voortaan met medisinale kruie te boer. Jan-Dawid Olivier ontferm hom maklik oor mens én dier, maar wanneer hy besluit om ’n bewustelose vrou op die plaas te versorg, raak hy ’n gevangene van sy besluit. Kerneels Breytenbach vra die skrywer uit oor sy eerste boek.