Die Schöpfung (Die Skepping)

Klassieke Musiek
Meertalig
100 Minute

28 September

20:00

29 September

15:00
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Die program gee ’n eietydse kleur aan die oratorium Die Skepping van Haydn (1732-1809). Die werk, wat uit 1798 dateer, is die produk van die komponis se kennismaking met G.F. Handel se Messias in Londen. Die teks is gegrond op die Duitse vertaling van die digter John Milton se gedig “Paradise Lost” en verklank die skeppingsverhaal soos dit in Genesis opgeteken is. Die vyf soliste in dié uitsoekproduksie is van Duitsland en Suid-Afrika. 

Met o.a. Christian Rathgeber & Felix Rathgeber (soliste), Schola Cantorum (koor) en Stellenbosch Camarata (orkes) o.l.v. Martin Berger

 

Komponis Joseph Haydn