Toneel
Afrikaans
OB 10
90 Minute

2 Oktober

16:00

3 Oktober

17:00

4 Oktober

20:00

5 Oktober

13:00

6 Oktober

19:00
R200-R300 | R230-R330 by die deur

Twee ou mense is opgewonde oor die groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie op genooides gaan loslaat – iets waaraan hy al 93 jaar poets. Gaste uit alle lae van die samelewing, onder wie die president, maak hulle opwagting by die vuurtoring op ’n afgesonderde eiland. Om almal te huisves is stoele en nogmaals stoele nodig. Maar die gaste is onsigbaar… en die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. Én hy het iemand gekry om namens hom te praat. Die produksie het die Kanna-prys ontvang vir beste produk­sie by KKNK 2024, en Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk het onderskeidelik ook die Kanna vir beste vroulike en manlike hoofspeler ontvang.

Met Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk, Lindokuhle Melaphi



Regisseur en ontwerp Marthinus Basson 

Skrywer Eugène Ionesco

Vertaling Nerina Ferreira

Verhoogbestuur en beligtingsontwerp Nicolaas de Jongh

Assistentverhoogbestuur Jean du Plessis

 

’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur Vrystaat Kunstefees en Momentum Beleggings Aardklop. Speelvak ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees