Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Afrikaans
OB
110 Minute

11 Oktober

19:00
R80 | R90 by die deur

2023 | Suid-Afrika
Pamina Vermaak is werkloos ná ‘n skouspelagtige uitbarsting teenoor haar baas. Die musikant Wolf de Jager se bestuurder stuur hom na ’n stil Weskusdorp om uit te vars nadat sy eks-verloofde hom verneuk het. In die Weskus word Pamina gedwing om haarself vierkant in die oë te kyk, terwyl Wolf besef die ontwykende muse lê dalk in dié aanvallige donkerkop se geselskap.

Met: Carla Smith, Christiaan Schoombie, Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius, Duane Williams, Armand Aucamp, Rolanda Marais 

Regisseur Kabous Meiring 

Draaiboekskrywers Elanie Rupping, Bibi Slippers