Kosmologiese klavierimprovisasies en kwantumdoedelsakuitvoerings: Dr. Philip Southey – of vir sy Afrikaanse studente aan die US Doktor Soutie – is benewens fisikadosent ook ’n bekwame pianis en kitaar- en doedelsakspeler. Sluit by hom aan vir ’n kleurryke reis deur die geskiedenis van klassieke musiek, verstrengelde elektrone, Afrikaanse rymklets, swartkolke, tradisionele Keltiese klaagliedere en ’n kartondoos op ’n wrywinglose helling.