Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis

Toneel
Afrikaans
60 Minute

29 September

14:00

6 Oktober

12:00
R100-R160 | R130-R190 by die deur

Kyk twee produksies vir die prys van een!

Bettie innie selle

Met Dean John Smith

Hoe het dit gebeur dat die vooraanstaan­de antie Bettie al in hegtenis geneem is, en hoe het sy dié volle 21 minute in ’n aanhoudingsel saam met geharde misdadigers oorleef? Kom luister as Bettie eerder vertel hoe die arme misdadigers onder haar skerp tong deurgeloop en dit oorleef het!

Regisseur Gantane Kusch

Skrywer Dean John Smith

 

Chronicles vannie Lavis

Met Veronique Jephtas

Beleef ’n tale queen op ’n mission. Moenie ’n fout makie: Sy issie a fairy nie. Moet oekie dink sy is fair nie. Sy is vannie Lavis en blatantly so. Kô vat ’n trip down memory lane en vang ’n front row seat oppie voorstoep van Mavis se juiciest stories. Promiscuity, brutal honesty, sarcasm en pure lekker skinner. As jy vannie Lavis af is, is jy safe. Anywhere else, clutch your pearls and while you’re at it, soema hold your horses! Sien jou daar!

Gegrond op die skrywes van Mavis vannie Lavis

Verwerking Veronique Jephtas

Regisseur Rafiek Mammon

Oorspronklik deel van Suidoosterfees 21. Verdere ontwikkeling en speelvak ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees