Drie digters debuteer tesame

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

1 Oktober

13:00
R80 | R110 by die deur

In ’n onlangse resensie verwys Joan Hambidge na “ ’n enorme bloeityd in die Afrikaanse digkuns” – en dié drie debutante is hier om self daarvan te getuig. Die akademici Alwyn Roux (Weerskyn) en Jaco Barnard-Naudé (Om my kastele in Spanje te sloop) deel die verhoog met die argitek Martin Kruger (Gekaapte stad) om ons te laat hoor hoe gedigte uit die bloeityd klink en waaroor digters deesdae dink. Bibi Slippers stel die drie bekend.

Aangebied deur Human & Rousseau, Protea Boekhuis, Turksvy