Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling is gesoute reisigers op die agterpaaie, ompaaie en kortpaaie van die lewe. In Drie kaalkoppe kuier tesame deel hulle herinneringe deur voorlesings, gedigte, staaltjies, stories en musiek, wat ’n paar verrassende Koos-liedjies insluit. Die produksie het ’n sterk reistema en is gestruktureer rondom verskeie onderwerpe, maar daar is meer as genoeg ruimte vir spontane oomblikke en nuwe insigte. Die doel? Om te vermaak en inspireer – en vir teatergangers hoop te gee.