Meertalig
Geen o.16 (T, G, N, Geestesgesondheid)
75 Minute

11 Oktober

11:00

12 Oktober

20:30

13 Oktober

10:00

14 Oktober

20:30

15 Oktober

14:30
R170-R260 | R200-R290 by die deur

Petrus droom oor sy voorouers in ’n hospitaal vir geestesiekes. Sy stammoeder, Diana van Madagaskar, soek haar verlore dogter. Sy oupa Piet, ’n apartheidsenator, herleef sy toesprake op sy doodsbed. Kan Petrus versoening in sy familie bewerkstellig of is hy eintlik te siek om tussen werklikheid en droom te onderskei? Droomwerk is met die 2021 ATKV-Woordveertjie vir beste nuwe teks bekroon. Die samewerking tussen regisseurs Kanya Viljoen en Lwanda Sindaphi beloof ’n unieke teaterervaring.

Met: Jill Levenberg, Ben Albertyn, Johann Nel, Tyrish Mili, Johann Vermaak

Moontlik gemaak deur Toyota US Woordfees, National Arts Festival, Noordwes-Universiteit

Regisseur en ontwerp Kanya Viljoen 

Begeleidende regisseur Lwanda Sindaphi 

Vervaardiger en skrywer Pieter Odendaal, River Mouth Projects 

Kostuums Yonela Makoba 

Klankontwerp, komposisie en instrumentasie Jannous Aukema 

Instrumentasie Sumalgy Nuro 

Verhoogbestuur Miliswa Mbandazayo