EasyEquities-Skrywerslangtafel

Afrikaans, Engels
150 Minute

7 Oktober

18:00
R500-R750

Vanjaar vier ons ’n nuwe bewussyn van hoe kosbaar menslike kontak en kommunikasie is, hoe afgeslote die afgelope twee jaar se pandemie en die “beleg” van die daaropvolgende landskrisisse ons noodwendig laat leef het, en ontdek ons eerder die Nederlandse betekenis van ’n borrel: ’n uitbundige partytjie. Kom sit daarom aan om ’n langtafel met tien skrywers, hoor wat hulle omtrent hulle boeke vertel en vra hulle sommer ook persoonlik uit. Met Cas Wepener, Eben Venter, Barbara Masekela, Nicole Jaekel Strauss, Bettina Wyngaard, Sihle Khumalo, David Viviers, Rina Cascione, Julian Jansen en Quintus van der Merwe

Met: Bibi Slippers, Heindrich Wyngaard (aanbieders) 

Aangebied deur Jonathan Ball, Naledi, Protea Boekhuis, Queillerie, Tafelberg, Umuzi