Eben Venter: Decima

Meertalig

9 Oktober

14:30

Gielie Hoffmann gesels met Eben Venter oor Decima, sy jongste roman, oor ’n formidabele, bykans prehistoriese swartrenosterkoei wat saam met haar kalf in die Oos-Kaapse veld bly. Daar is ook die karakter Eben, al skrywende oor Decima se lot, die stropers, hulle kliënte, die inyangas, die bewaarders. En natuurlik Venter se brose, bejaarde ma wat in die land moes agterbly toe haar seun landuit is.

Aangebied deur Tafelberg