Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad

Meertalig
75 Minute

15 Oktober

16:00
R120-R180 | R150-R210 by die deur

Ervaar die bruisende wêreld van Kaapstadse jazz saam met die legendariese Leslie Kleinsmith, wie se sielvolle interpretasies van jazz en klassieke kontemporêre stukke gehore dwarsoor die wêreld betower het. Die virtuose kitaarspeler Alvin Dyers vier ’n unieke versmelting van Afrika-ritmes en die harmonieë eie aan Kaapse jazz, en Babalwa Mentjies se stem roer met liedjies oor liefde, verlange en veerkragtigheid. En dan’s daar nog die Afrikaanse hip-hop-sensasie Jason “Hakiesdraad” Hartman… 

Met: Leslie Kleinsmith, Babalwa Mentjies, Alvin Dyers, Jason “Hakiesdraad” Hartman, US Jazz Band o.l.v. Felicia Lesch