aanhanger

Ek is ’n aanhanger

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

30 September

14:30
R80 | R110 by die deur

Skrywersgesprek

Aangebied deur Naledi, Protea Boekhuis

Baie skrywers is eintlik lesers voordat hulle skrywers is. Koos Kombuis het Joan Hambidge se speurverhaal Stasies só baie geniet dat hy dit sommer twee keer gelees het. Joan beskryf weer Betsie van Niekerk se roman So ook op die aarde in ’n koerantresensie as “ ’n klein juweel”. En wat dink Betsie van Koos se jongste werk? Vind uit wat gebeur wanneer drie uiteenlopende Afrikaanse skrywers met mekaar in gesprek tree as lesers en aanhangers van mekaar se werk.