Engele, mistiek en stories van die Ander Kant

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

4 Oktober

10:00
R80 | R110 by die deur

Die skrywer en radio-raakprater Amoré Bekker het luisteraars gevra om stories te deel oor hul ontmoetings met engele en die reaksies geboekstaaf in Ek het ’n engel gesienSarah Bullen se boek The Other Side: Journeys into Mysticism, Magic and Near Death is ’n versameling stories van mense wat “die ander kant” beleef het of daarmee kan kontak maak. Caren van Houwelingen, ’n uitgewer en medium met ’n belangstelling in die bonatuurlike, gesels met Amoré en Sarah oor die onsigbare en ontelbare.

Aangebied deur Naledi, Jonathan Ball