Etienne van Heerden: Gebeente

Afrikaans
60 Minute

11 Oktober

13:00
R75 | R100 by die deur

Frederik de Jager gesels met Etienne van Heerden oor sy nuwe roman, Gebeente. Jy onthou dalk Toorberg, wat rondom 1986 afspeel. Dis nou vier dekades later. Hier, met die onverwagte trein, kom magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm-magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van die Bellville-landdroshof raakgeloop het) in 2023-’24 na Gebeente, ’n dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland, om ’n komplekse saak te ondersoek: die diefstal van die Melkweg.

Aangebied deur Tafelberg