Eve Fairbanks: The Inheritors

Engels
60 Minute

14 Oktober

09:30
R75 | R100 by die deur

Die Amerikaanse joernalis Eve Fairbanks gesels met Marianne Thamm oor The Inheritors waaraan Eve 12 jaar gewerk het en wat sedertdien met die PEN-John Kenneth Galbraith-prys vir niefiksie bekroon is. Hierin vervleg sy die verhale van drie gewone landsburgers oor vyf onstuimige dekades om te sien wat werklik gebeur wanneer ’n land besluit om die wit oppergesag te beëindig. Sy vind onverwagse teenstrydighede en medemenslikheid, ontbloot die persoonlike aard van woede, en wonder of ’n mens eerbaar kan lewe in ’n samelewing wat jou nie meer erken nie.

Aangebied deur Jonathan Ball