Die baanbreker Gregory Maqoma vier sy 50ste verjaardag én die afsluiting van sy luisterryke loopbaan as danser met hierdie sensitiewe stuk wat die nalatenskap van hoofman Jongumsobomvu Maqoma (1798-1873), een van sy voorouers, verken. Hoofman Maqoma word as een van die vernaamste Xhosa-leiers in die geskiedenis beskou en is in hegtenis geneem nadat hy die Xhosas se grond van die Britse koloniseerders teruggeëis het. Hy het sy laaste asem op Robbeneiland uitgeblaas.