Fiksieparadys: ‘You Had Me At Hello’

Afrikaans
75 Minute

12 Oktober

16:00
R75 | R100 by die deur (met ’n gratis glas wyn)

Onthou jy nog dáárdie openingsreël? Ses skrywers met nuwe boeke is gevra om terug te dink aan so ’n “You had me at hello”- oomblik. Dit werk so: Elkeen beantwoord eers ’n paar snelvuurvrae oor hulle boek en lees dan voor, maar eers moet die skrywers die sin lees wat hulle nooit sal vergeet nie, sê waar hulle was toe hulle dit gelees het, en dan verklap wat die lees daarvan aan hulle gedoen het. Kom luister hoe ondervra Jo Prins vir Erla Diedericks (Salemstraat), P.P. Fourie (Ons skulde), Irna van Zyl (Kwaaiwater), Morné Malan (Minder as water), Elmarie Dercksen (Die gawe van groen) en Pieter Marais (Konkel) onder vier oë én oor ’n glas wyn. 

Aangebied deur Human & Rousseau, LAPA, Protea Boekhuis, Queillerie, Wenkbrou