Fokofpolisiekar en Bittereinder is twee bands wie se lirieke deel van die volksmond, zeitgeist en wêreldbeskouing van jong Afrikaanses geword het. Die ouens wat met dié woorde vorendag gekom het, Hunter Kennedy en Jaco van der Merwe, gesels met Annie Klopper oor die proses, inspirasie en stories agter hulle lirieke, en verduidelik waarom hulle die lirieke op papier gesit het. Elkeen vermaak ons ook verder met ’n akoestieke set wat die besonderse kwaliteit van hulle unieke woordkuns wys.