In Hoe ek dit onthou, Francois van Coke se biografie, vertel die voorman van Fokofpolisiekar in sy eie stem vir Annie Klopper wat hom as mens en musikant gevorm het. Die boek bevat stories oor die band, partytjies, vuisgevegte, bedwelmde aande, desperate dae, nagte in tronkselle, maar later ook soberheid, babas en pa-wees in die voorstede. Die digter en musiekjoernalis Schalk van der Merwe praat met Frannie en Annie oor vriendskap, rock ’n roll en saamskryf aan ’n lewensverhaal.