Gelliplaat-monodrukwerksessie

Leefstyl
Afrikaans, Engels
180 Minute

4 Oktober

10:00

5 Oktober

09:00
R1000

By dié werksessie deur die fynboskunstenaar Hermien van der Merwe werk elke deelnemer op ’n tuisgemaakte gelliplaat om mooi, tekstuurryke kuns-monodrukke op papier te maak. Van plante, lap, kant, tou tot tydskrifte en meer word in drukkersink geplaas om ’n monodruk van die tekstuur op die gelliplaat te maak. Daar word hoofsaaklik op vorm, kleur en komposisie gefokus om die beste produk te skep. Geen vorige ondervinding is nodig nie. Elke deelnemer gaan huis toe met ’n klein versameling pragtige oorspronklike kunswerke. Alle kunsmateriale en ge­reedskap is ingesluit by die kaartjieprys.