Wat wiet ôs, wat wiet ôs nie? Kom tree in gesprek met die Afrikaanse Taalraad (ATR) en vennote oor die voorlopige resultate van die groot ondersoek na die stand van Afrikaans. Die paneellede is dr. Conrad Steenkamp en Roné Wierenga van die ATR, Earl Basson van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en prof. Elirea Bornman, ’n voormalige dosent aan Unisa.