Met Kalahari-waarheid, ’n verwerking van Kalahari Rainsong (2004), wil die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans die aandag vestig op een van ons inheemse volke. Dit handel oor die lewe van Belinda Kruiper wat sedert 1997, toe sy by die ontvangstoonbank van die Kgalagadioorgrenspark begin werk het, die San se vertroue gewen en hulle met grondeise gehelp het. Sy het ook by die San-instituut gewerk. Kom luister na kampvuurstories oor leeus, jakkalse en nimmereindigende duine.