Die dreigende einde van Afrikaanse koerante in drukvorm, inkorting van aktualiteitsprogramme op radio en die veranderende aanbod van TV-programme is tans ’n besprekingspunt. Wat voorspel die toekoms vir die vertel van stories van ons diverse Afrikaanssprekende gemeenskappe deur nuusplatforms? Mediabelanghebbendes sal met die joernalis Heindrich Wyngaard gesels.