Gin my die genade

Afrikaans, Engels
60 Minute

7 Oktober

19:00

8 Oktober

11:00

11 Oktober

21:00
R160 | R190 by die deur

Op ’n gewone aand verdwyn ’n jong seun genaamd Craig. Sy ma, Cassie, en die gemeenskap van Tips steier van skok en verdriet. Hy word nie opgespoor nie, maar 22 jaar later ontvang Cassie ’n oproep van ’n man wat beweer hy is haar langverlore seun. Hulle ontmoeting laat almal opnuut die smart herleef wat hulle vir 22 jaar byna elke dag geteister het. Gin my die genade stel die vraag: Kan ons ooit herstel ná ware verlies? 

Met: Shimmy Isaacs, Dustin Beck

Regisseur Lee-Ann van Rooi 

Skrywer Lauren Snyders 

Beligtingsontwerp Alfred Rietman 

Produksieontwerp en verhoogbestuur Cole Wessels 

 

’n Toyota US Woordfees-produksie