pocket

God’s Pocket

EasyEquities Skrywersfees
Engels
60 Minute

5 Oktober

11:30
R80 | R110 by die deur

Magiese Realisme

Aangebied deur Penguin Random House

Sven Axelrad se eerste roman, Buried Treasure, het ’n iesegrimmige hond genaamd God op die voorblad en in die storie gehad, en hoewel sy tweede roman geen honde op die voorblad het nie, is daar twee van hulle tussen die blaaie. God’s Pocket is ’n viering van die vreugdes van jonkwees. Sven gesels met Nadine Petrick oor sy eksentrieke storiewêrelde, sy eiesoortige vertelstem en die rol van Zoë, sy yorkie, in sy lewe as skrywer en rekenmeester.