great

Great(s in) Conversation

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

2 Oktober

11:30
R80 | R110 by die deur

Fiksie

Aangebied deur Human & Rousseau, Picador Africa 

Het jy al ooit gewens jy kan ’n gemaklike gesprek tussen Groot Skrywers afluister? Waaroor sal hulle praat? Boeke? Huis­plante? Skulpe? Ingrid Winterbach en Ivan Vladislavić, ongetwyfeld twee van ons land se grootste skrywers, voer gesprek oor hulle jongste boeke, belangstellings en bekommernisse. Groot leser en boeke-doyenne Deborah Steinmair, hou die geselskap aan die gang met vrae oor Onrus op Steynshoop en The Near North. ’n Drierigtinggesprek wat loop waar die nuuskierigheid lei.