SKRYWERSFEES

Grondslagfase-geletterdheid

Meertalig
180 Minute

14 Oktober

10:00
Gratis (Plek is beperk)

In samewerking met NB-Uitgewers

WOW-onderwysers woon ’n slypskool in grondslagfase-geletterdheid by met die oog op deelname aan die SanlamWOW Spelfees. Taalarmoede is die onderwerp van hierdie aanbieding, en Mart Meij, skrywer en samesteller van die Nuwe alles-in-een- en New All-In-One-reeks vir die grondslagfase help opvoeders om uitdagings in leerders se leerontwikkeling te takel. Kenners deel inligting oor hoe om die jong klomp speel-speel geletterd te kry. Onderwysers verneem van prettige maniere om lees te bevorder en kennis vas te lê. Nuwe storieboeke en handboeke vir die grondslagfase word ook uitgestal.