Hallo, is Bettie wat praat

Afrikaans
OB (T)
55 Minute

8 Oktober

15:00

9 Oktober

18:30

14 Oktober

12:00
R100-R180 | R130-R210 by die deur

Dean Smith, Suidooster se geliefde Wade, klim weer in die skoene van die skreeusnaakse Bettie, sy aweregse sosialemediapersona. Bettie is beroemd-berug vir die eiers wat sy oor alles en almal te lê het, hoewel sy gewoonlik die kat aan die stert beetkry. ’n Komedie met resepte, skinderstories en lief en leed. Okay, bapaaai!

Met: Dean John Smith

Regisseur, beligtingsontwerp en tegniese versorging Gantane Kusch

Skrywer en kostuums Dean John Smith

Onder leiding van Oscar Petersen