Hip-Hop, Bop & Pop

Meertalig
OB (T)
75 Minute

8 Oktober

18:00
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Kom luister hoe hip-hop, pop en jazz ineenvloei as die rymkletsers Jack Parow en Early B musiek maak saam met Kurt Darren en die kitaarfenomeen en popvervaardiger Loki Rothman en die klaviervirtuoos Blake Hellaby, wat gereken word as een van Kaapstad se top-jazzmusikante en popvervaardigers. ’n Wenkombinasie wat wys dat musiek oor alle grense strek. 

Met: Jack Parow, Early B, Kurt Darren, Loki Rothman, The Blake Hellaby Quartet, Lea Venga 

Oorspronklik ontwikkel deur Musiekindaba. Ondersteun deur die Toyota US Woordfees.