Hoe het dit skielik laat geword?

Toyota Musiekfees
Afrikaans
60 Minute

1 Oktober

13:00

3 Oktober

17:00
R190 | R220 by die deur

Hierdie woordkunsproduksie met gedigtoonsettings, vertellings en film vier die werk van Olga Kirsch, die tweede vroulike digter wat in Afrikaans gepubliseer het en wat in September vanjaar 100 jaar oud sou word. Dit is nie ’n biografiese stuk nie, maar ’n oorvertelling uit die mond van vroue in 2024 aan die hand van Kirsch se gedigte. Oor ’n eeu het soveel verander en tog ook dieselfde gebly: die worstelinge oor inpas, aanpas, geloof, oorloë, ballingskap en om as vrou jou stem te vind.

Met Babette Viljoen (stem en trekklavier), Olga Leonard (klavier)

Ondersteun deur die ATKV
Vervaardiger BO-produksies
Regisseur Llandi Beeslaar
Skrywer Stephanie Gericke
Beeldmateriaal Mari Geldenhuys