Enige song wat met jou praat, is ’n goeie song, maak nie saak of dit ghoema, sokkie
of rap is nie. Afrikaanse musiek val dalk nie in almal se smaak nie, maar tóg lok dit
baie aanhangers in Suid-Afrika en liefhebbers van Afrikaans oor die res van die
wêreld. Gespreksleier René Arendse (Afrikaans Amptelik 100) gesels met Frazer
Barry (bekende musikant, televisieaanbieder en woordkunstenaar), Sarah Theron
(sangeres, aktrise en ATKV-Crescendo-mentor) en Jitsvinger (bekroonde uitvoerende
kunstenaar en musikant).