Hoerkind en die skrywer

Afrikaans
60 Minute

13 Oktober

09:30
R75 | R100 by die deur

Heinz Mödler praat met Herman Lategan oor sy boek Son of a Whore. Die ontroerende Afrikaanse weergawe, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier het sedert sy bekendstelling verlede jaar ’n pad gebaan deur boekklubs en literêre feeste, en het vanjaar ook sy buiging op die verhoog gemaak met Geon Nel in die naamrol. Waarom gryp die storie van ’n randeier mense so aan, en wat het dit aan Herman gedoen om sy hart – en sy lewe – so op papier uit te stort? Geon Nel lees voor. 

Aangebied deur Penguin Random House