Met die Cape Town Opera Chorus
Die bekroonde Kaapstadse Operakoor, ontvangers van die internasionale operatoekenning vir die beste koor, is opgewonde om ’n uniek Suid-Afrikaanse program aan te bied met werke van veertien plaaslike komponiste, insluitend Michael Moerane, Péter Louis van Dijk, Mzilikazi Khumalo, Clare Loveday, Mpumelelo Manyathi, en Pieter Bezuidenhout. Die uitvoering strek oor meer as 70 jaar van musikale geskiedenis en sluit sewe van Suid-Afrika se amptelike tale in. Die program sluit ook verwerkings van inheemse liedere in wat ‘n toonbeeld is van ons land se ryk musikale erfenis.