Die Cape Consort is veral bekend vir sy geskiedkundig-ingeligte vertolkings van vroeë musiek op historiese instrumente. Die vroegste werk op hierdie program is egter skaars 40 jaar oud en een van Hans Huyssen se eerste komposisies – geskryf as ’n voorgraadse student aan die Stellenbosse Konservatorium. Die konsert, met ses verteenwoordigende werke uit die komponis se pen, is deel van sy 60 @ 60-projek – 60 uitvoerings van sy eie werke ter viering van sy 60ste verjaardag.