Landbougesprekke:  In ’n neutedop: hoë-waarde kommoditeite

Afrikaans, Engels
60 Minute

12 Oktober

09:30
Gratis

Aanplantings van hoëwaardekommoditeite soos avokado’s, neute, bloubessies en sitrus vir die uitvoermark het die afgelope tyd dramaties toegeneem, en tradisionele gewasse moes selfs baie hektare hieraan afstaan. Ons bekyk die mark en waardekettings van dié produkte, hoe volhoubaar die groei en beleggings in die bedrywe is, en vind uit met watter innoverende planne rolspelers in die mark vorendag kom.

Aanbieder: Louw Pienaar