Isidlamlilo / The Fire Eater

Toneel
Meertalig
Geen o.16 (G)
100 Minute

28 September

11:00

29 September

20:00

30 September

17:00
20:30

1 Oktober

10:00
R190 | R220 by die deur

Isidlamlilo / The Fire Eater is ’n bekroonde eenvrouvertoning wat die storie vertel van ouma Zenzile Maseko wat met Nkhulukhulu (God) praat oor die ongelooflike gebeure in haar lewe. Ons vind gou uit Zenzile is g’n gewone oumatjie nie: Sy is destyds deur die IVP gewerf en was een van die mees gevreesde sluipmoordenaars in die aanloop tot die 1994-verkiesing. Haar bynaam was The Lightning Bird. Dié tour de force het onder meer vier Naledi-pryse ontvang vir beste teaterproduksie, beste regisseur, beste solovertolking en beste beligting. 

Met Mpume Mthombeni

Moontlik gemaak deur Empatheatre en ondersteun deur die National Arts Festival

Regisseur Neil Coppen 
Skrywer Neil Coppen, Mpume Mthombeni
Stelontwerp Greg King 
Beligting Tina le Roux