It’s me, hi! (13 perspektiewe op Taylor Swift)

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
120 Minute

4 Oktober

22:30
R80 | R110 by die deur

Om ’n Swiftie te wees is nie vir almal nie. Dis ’n roeping wat die emosies laat hoog loop, die speurfakulteite uitdaag en jou gereeld jou hart laat vashou. Menings oor Taylor is verdeeld. In dié aanbieding deel 13 mense perspektiewe op die lewe, werk en kulturele impak van dr. Taylor Alison Swift. Verwag musiek, (tortured) poësie en passievolle gesprekvoering: akademiese opvattings, persoonlike indrukke en eerstehandse ervarings van haar Eras-toer. Bly tot middernag en dans saam op die lekkerste Taylor-treffers.   

Aangebied deur Swifties

Met Dierbaar Band, Charla Smith, Eugenie Gregan, Naudé van der Merwe, Bibi Slippers (gespreksleier) en 8 ander