Jak de Priester en Antoinette Pienaar in Koppieteefontein

Toyota Musiekfees
Meertalig
90 Minute

2 Oktober

12:30

3 Oktober

12:30
15:00

4 Oktober

12:30
R280 | R310 by die deur

In dié verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram KoppieTeeFontein met Jak de Priester as onderhoudvoerder kuier die Karoo-kruiekenner Antoinette Pienaar saam. Beleef dié twee kunstenaars deur musiek, stories, voordrag en ’n gesprek en word weggevoer deur Antoinette se unieke uitkyk op die lewe en haar pragtige stem deur voordrag en vertelling. Jak is voor die klavier met liedjies oor die lewe, die liefde en die Karoo.