Suid-Afrika se mees gesogte kitaar- en baskitaarspeler snoer kragte saam in dié intieme duetkonsert wat hulle vernuf en veelsydigheid ten toon stel. Mauritz en Schalk werk al dekades agter die skerms vir talle internasionale kunstenaars en honderde van ons land se voorste musiekmakers – kom beleef eerstehands waarom hulle so in aanvraag is.