Jazz at the Konserve: Katemba Quartet

Toyota Musiekfees
Meertalig
120 Minute

3 Oktober

20:30
R120 | R150 by die deur

Hierdie vier begaafde musikante bring elkeen hulle unieke flair na die kleurryke klanke van Kaapse jazz en beloof om die verhoog aan die brand te steek met hulle aansteeklike energie. Die trompetspeler Muneeb Hermans het ’n onbetwisbare invloed op Kaapse jazz en Blake Hellaby is bekend as meesterlike jazzpianis. Schalk Joubert op baskitaar bring diepte en Wes-Afrika-invloede na dié musiekgenre, met die Duitse tromspeler Pascal Haas wat sorg vir internasionale ervaring.

Die kontemporêre klanke van die Kaap en die ryk tradisie van Suid-Afrikaanse jazz word vanjaar gevier met ’n reeks musiek­konserte in die opwindende buite­lug-amfiteater van die US Konservatorium. Op die spyskaart is gunstelinge soos die Ramon Alexander Trio, die Katemba Quartet met Schalk Joubert, Muneeb Hermans, Blake Hellaby en Pascal Haas, én nuwe sterre soos Melisizwe Plaatjie en die Sun Quintet. Lede van die Maties Jazz Society sal die konserte begin. Bring jou instrument saam om na afloop van die konserte aan ’n jam-sessie saam met kunstenaars deel te neem. Studente en musiekstudente kry spesiale toegang.