Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Trio

Toyota Musiekfees
Meertalig
120 Minute

2 Oktober

20:30
R120 | R150 by die deur

Ramon Alexander word as ’n vooraan­staande eksponent van Kaapse jazz be­skou en het al saam met verskeie groot kunstenaars soos Robbie Jansen, Errol Dyers en McCoy Mrubata gewerk en saam met sy ensemble by talle plaaslike en internasionale musiekfeeste opgetree. Hy was ook al die inwonende musikant by die No Black Tie Jazz Club in Kuala Lumpur, Maleisië. Ramon doseer tans jazzstudie aan die US en dirigeer gereeld jazz-ensembles reg oor die Wes-Kaap. 

Die kontemporêre klanke van die Kaap en die ryk tradisie van Suid-Afrikaanse jazz word vanjaar gevier met ’n reeks musiek­konserte in die opwindende buite­lug-amfiteater van die US Konservatorium. Op die spyskaart is gunstelinge soos die Ramon Alexander Trio, die Katemba Quartet met Schalk Joubert, Muneeb Hermans, Blake Hellaby en Pascal Haas, én nuwe sterre soos Melisizwe Plaatjie en die Sun Quintet. Lede van die Maties Jazz Society sal die konserte begin. Bring jou instrument saam om na afloop van die konserte aan ’n jam-sessie saam met kunstenaars deel te neem. Studente en musiekstudente kry spesiale toegang. 

Met Ramon Alexander (klavier), Dylan Tabisher (baskitaar), Annemie Nel (tromme) en ander