Jonathan Jansen het in 2009 die eerste swart rektor van die Universiteit van die Vrystaat geword. In Breaking Bread skryf dié internasionaal gerekende kenner van opvoeding oor die lewe, oor lesse en oor leierskap aan albei kante van die rasseskeiding. Cornelia Faasen, hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief en voorheen direkteur en adjunkdekaan: studentesake aan die UV, gesels met Jonathan oor sy lewe en loopbaan, en die stories en lewenslesse wat in sy memoires opgeteken is.